Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hamer
hamer [boodskap #132085] Sa, 11 Julie 2020 10:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Hamer (klouhammer).
'n Hamer (klouhammer).
hamer
Afbreking: ha•mer


Selfstandige naamwoord: hamer
Meervoud: hamers
Verkleinwoord: hamertjie
Meervoud van verkleining: hamertjies

Betekenis:
• (gereedskap) Werktuig waarmee gekap en geslaan word.
• (anatomie) Een van die gehoorbeentjies in die oor.
• Onderdeel van 'n klavier wat die snare slaan as die toetse gedruk word.
• Slagmeganisme van 'n vuurwapen wat die koeël laat ontbrand.

Gebruik:
• Hy probeer die hamer so hard as moontlik op die spyker se kop te slaan, maar tref sy duim.
• Die hamer het 'n belangrike funksie by die oordrag van klank in die oor.
• Wanneer die hamers nader aan die snare is sal die klavier sagter speel.
• As die sneller getrek word, ontkoppel die hamer van die glipnok, dit beweeg vorentoe, en tref die slagdoppie wat die wapen afvuur.

Spreekwoord:
• Hy is nou tussen hamer en aambeeld. [Tussen twee groot moeilikhede.]
• Altyd op dieselfde aambeeld hamer. [Tot vervelens toe oor dieselfde onderwerp praat.]

Hiponiem:
• blokhamer
• klouhamer
• rubberhamer

Vertaling:
Engels: hammer, mallet
Nederlands: hamer


Werkwoord: hamer
Verlede tyd: het gehamer

Betekenis:
• Met 'n hamer kap/inslaan.
• Swaar nadruk op iets lê.

Betekenis:
• Hy hamer nog 'n paar spykers deur die hout.
• Die onderwyser het so die onderwerp gehamer dat die kinders 'n paar vrae daaroor verwag het.

Vertaling:
Engels: to hammer
Nederlands: hameren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hamel
Volgende onderwerp: fakkel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 14:43:54 MGT 2024