toktokkie [boodskap #132017] |
Di, 07 Julie 2020 13:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20577 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
toktokkie
Afbreking: tok•tok•kie
Selfstandige naamwoord: toktokkie
Meervoud: toktokkies
Betekenis:
• 'n Kewer wat met sy agterlyf op die grond klop om sy maat te roep, Psammodes striatus.
• Speletjie waar kinders aan deure klop en dan weggehardloop (geen meervoud).
Gebruik:
• Die toktokkie is swart van kleur met rooibruin lyne oor sy lyf.
• Toktokkie is veral vroeër jare deur stout kinders gespeel.
Vertaling:
Engels: tapping-beetle; tick-tock
Xhosa: uqongqothwane
Nederlands: Psammodes striatus; belletjetrek
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|