Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » windeier
windeier [boodskap #132018] Di, 07 Julie 2020 15:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18831
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
windeier
Afbreking: wind•eier
Samestelling: wind + eier


Selfstandige naamwoord: windeier
Meervoud: windeiers
Verkleinwoord: windeiertjie
Meervoud van verkleining: windeiertjies

Betekenis:
• 'n Eier sonder 'n harde dop of 'n onbevrugte eier wat nie kan uitbroei nie.
• (figuurlik) Iets of iemand wat op niks uitloop nie; 'n mislukking.

Gebruik:
• Die hen lê windeiers want daar is nie 'n haan in die omtrek nie.
• Soos soveel politieke leiers van ons tyd, is hy eintlik net 'n windeier.

Vertaling:
Engels: shell-less egg, wind egg; failure, farce
Nederlands: windei

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: toktokkie
Volgende onderwerp: manjifiek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Apr 24 01:07:22 MGT 2024