vernuf [boodskap #132013] |
Ma, 06 Julie 2020 20:22 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20577 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vernuf
Afbreking: ver•nuf
Selfstandige naamwoord: vernuf
Meervoud: vernufte
Betekenis:
• Vaardigheid of vermoë om iets goed te doen.
Gebruik:
• Die Titanic was spesiaal ontwerp om so 'n ramp te oorleef, en is as 'n triomf van die menslike vernuf oor die natuur beskou.
Sinoniem:
• behendigheid
• genialiteit
• skeppingskrag
• vindingrykheid
Afgelei:
• sakevernuf
• vernuftig
Vertaling:
Engels: ingenuity, brilliance, intelligence, acumen, wit
Nederlands: vernuft
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|