namaak [boodskap #132010] |
Ma, 06 Julie 2020 19:40 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20577 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
namaak
Afbreking: na•maak
Samestelling: na + maak
Werkwoord: maak na, namaak
Verlede tyd: het nagemaak
Betekenis:
• 'n Bestaande voorbeeld volg; ander se dade na-aap.
Gebruik:
• Papegaaie is intelligente voëls en sommige spesies kan selfs die menslike stem namaak.
Sinoniem:
• kopieer
• na-aap
• naboots
• navolg
• volg
Afgelei:
• namaaksel
Vertaling:
Engels: to imitate, copy, mimic, ape
Nederlands: namaken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|