skeur [boodskap #131807] |
Vr, 26 Junie 2020 14:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skeur
Afbreking: skeur
Selfstandige naamwoord: skeur
Meervoud: skeure
Verkleinwoord: skeurtjie
Meervoud van verkleining: skeurtjies
Betekenis:
• 'n Opening waar iets in twee of meer dele geruk of getrek is.
Gebruik:
• Daar is 'n skeur in sy broek.
• Die luiperd verdwyn in 'n diep skeur tussen die rotse.
Sinoniem:
• bars
• kloof
• kraak
• opening
• spleet
Vertaling:
Engels: tear, slit, rent, crack, cleft, fissure
Nederlands: scheur
Werkwoord: skeur
Verlede tyd: het geskeur
Betekenis:
• In twee of meer dele ruk of trek.
Gebruik:
• Sy broek het geskeur.
Spreekwoord:
• Die wêreld skeur. [Vinnig weghardloop.]
• Sy skeur blaaie uit haar boek. [Sy doen haar jonger voor as wat sy is.]
Vertaling:
Engels: to tear, rip, split
Nederlands: scheuren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|