geesdrif [boodskap #131802] |
Vr, 26 Junie 2020 12:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20579 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geesdrif
Afbreking: gees•drif
Samestelling: gees + drif
Selfstandige naamwoord: geesdrif
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Opgewonde belangstelling en dryfkrag.
Gebruik:
• Geesdrif sonder kennis help niks. [Spreuke 19:2]
• Met drif kom jy nêrens, met geesdrif orals.
Sinoniem:
• entoesiasme
• besieling
• ywer
Afgelei:
• geesdriftig
Vertaling:
Engels: enthusiasm, passion, zeal, vivacity
Nederlands: geestdrift
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|