Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bederf
bederf [boodskap #131193] Wo, 06 Mei 2020 08:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18860
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bederf
Afbreking: be•derf


Werkwoord: bederf
Verlede tyd: het bederf
Teenwoordige deelwoord: bedorwe

Betekenis:
• Laat sleg of vrot word.
• Die pret uit iets neem.
• Iemand alles gee wat hy/sy begeer; verwen.

Gebruik:
• Ons moet die vrugte eet voordat dit bederf.
• Die virus het ons vakansie bederf.
• Die kind se ouma bederf haar in die afgrond in.

Spreekwoord:
• Wie die roede spaar, bederf die kind. [As 'n mens 'n kind behoorlik wil grootmaak, moet hy geslaan word wanneer hy dit verdien.]

Wisselvorm:
• bederwe

Sinoniem:
• rot
• ruïneer
• verrotting
• verslegting

Verwant:
• bederfbaar

Vertaling:
Engels: to go bad, decay, spoil, ruin
Nederlands: bederven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: battery
Volgende onderwerp: sampioen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 23:50:27 MGT 2024