Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » adel
adel [boodskap #130566] So, 29 Maart 2020 16:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
adel
Afbreking: a•del
Uitspraak: /ˈɑː.dəl/


Selfstandige naamwoord: adel
Meervoud:

Betekenis:
• 'n Bevoorregte en dikwels ook ryk groep persone wat bo die burgerstand uitgehef is.

Gebruik:
• In die tyd beskou baie die adel as 'n versameling parasiete.

Afgelei:
• adeldom
• adellik
• adelstand

Vertaling:
Engels: nobility, aristocracy
Nederlands: adel


Werkwoord: adel
Verlede tyd: het geadel

Betekenis:
• Tot die adelstand verhef.
• Beter maak; veredel.

Gebruik:
• Hy belowe sy trou voor hulle hom tot hertog adel.
• Maar laat jou verdriet jou adel en krag gee vir die erns van die arbeid wat weer sal opbou en heel.

Spreekwoord:
• Arbeid adel; rus roes. [Werk maak van jou 'n beter mens.]

Vertaling:
Engels: to ennoble; to improve
Nederlands: adelen

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: adelstand
Volgende onderwerp: adder
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 14:29:15 MGT 2024