Betekenis:
• 'n Boom waarvan die takke in 'n bepaalde rigting gelei word. 'n Houtagtige plant wat se takke gesnoei en aan 'n raamwerk teen 'n struktuur (soos 'n muur, heining of traliewerk) vasgemaak is, dikwels in formele patrone.
Gebruik:
• 'n Mens het nie 'n groot tuin nodig om jou eie sappige vrugte te kweek nie – 'n leiboom pas in bykans enige tuin en dra dieselfde hoeveelheid vrugte.
Vertaling:
Engels: espalier
Nederlands: leiboom
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.