spreekkamer [boodskap #129939] |
Ma, 24 Februarie 2020 06:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20584 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
spreekkamer
Afbreking: spreek•ka•mer
Samestelling: spreek + kamer
Selfstandige naamwoord: spreekkamer
Meervoud: spreekkamers
Verkleinwoord: spreekkamertjie
Meervoud van verkleining: spreekkamertjies
Betekenis:
• 'n Kamer waar mens 'n gesprek met iemand kan voer, soos die plek waar 'n dokter iemand ondersoek of uitvra.
Gebruik:
• Toe ek by die ontvangsarea van die dokter se spreekkamer instap, sak my moed in my skoene toe ek sien daar wag meer pasiënte as wat daar stoele is.
Vertaling:
Engels: consulting room
Nederlands: spreekkamer
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|