Betekenis:
• Die plek waar skepe herstel word. Afsluitbare deel van 'n skeepswerf of 'n drywende konstruksie waarmee, deur die in- of uitlaat van water, skepe vir inspeksie, onderhoud en reparasie drooggesit word.
Gebruik:
• Die skip lê in die droogdok vir herstelwerk.
• Drywende droogdokke is gedurende die Tweede Wêreldoorlog algemeen gebruik om herstelwerk aan skepe in verafgeleë gebiede te doen.
Vertaling:
Engels: dry dock
Nederlands: droogdok
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.