Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tablo
tablo [boodskap #129524] Wo, 29 Januarie 2020 13:51
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Tablo van die kakebeenwa, gevorm deur 2000 volkspelers by geleentheid van die Inwydingsfees van die Voortrekkermonument, Pretoria, 16 Desember 1949.
'n Tablo van die kakebeenwa, gevorm deur 2000 volkspelers by geleentheid van die Inwydingsfees van die Voortrekkermonument, Pretoria, 16 Desember 1949.
tablo
Afbreking: ta•blo


Selfstandige naamwoord: tablo
Meervoud: tablo's
Verkleinwoord: tablo'tjie
Meervoud van verkleining: tablo'tjies

Betekenis:
• 'n Skouspel of toneel wat aanskou word.
• 'n Gevriesde prent of stilbeeld; lewende voorstelling van 'n beeld.
• (figuurlik) Situasie of gebeurtenis wat 'n lewendig beeld in die gedagtes laat (soos 'n tafereel of skildery).

Gebruik:
• In die finale tablo word die wederkoms van Jesus geskets.
• In tablo ná magiese tablo word die gehoor weggevoer na Nimmerland.
• Sy staar met ongeloof na die tablo wat voor haar afspeel.

Sinoniem:
• panorama
• tableau
• vivant

Vertaling:
Engels: tableau, scene, view, panorama
Nederlands: tablo

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: trens
Volgende onderwerp: asblik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 18:56:00 MGT 2024