Betekenis:
• 'n Tipe drank wat van druiwe gemaak word.
Gebruik:
• Hy nuttig 'n glasie wyn saam met sy aandete.
Spreekwoord:
• Die wyn het 'n krakie. [Die wyn is effens suurderig.]
• Water in jou wyn doen. [Jou eise nie so hoog stel nie.]
• Goeie wyn het nie 'n krans nodig nie. [Wat goed is, hoef nie aangeprys te word nie.]
• Wyn in die man, wysheid in die kan. [As iemand dronk is, kan 'n mens nie wysheid by hom verwag nie.]