trop [boodskap #129269] |
Do, 16 Januarie 2020 14:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20589 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
trop
Afbreking: trop
Selfstandige naamwoord: trop
Meervoud: troppe
Verkleinwoord: troppie
Meervoud van verkleining: troppies
Betekenis:
• 'n Klomp van dieselfde soort diere (soos skape of beeste) wat bymekaar is.
Gebruik:
• Die trop wilde perde slaan op vlug.
Spreekwoord:
• Een brandsiek skaap, kan die hele trop aansteek. [Een slegte mens kan baie mense verkeerd beïnvloed.]
Sinoniem:
• kudde
Verwant:
• kolonie (miere, konyne)
• swerm (voëls)
• skool (visse)
• span (osse)
Vertaling:
Engels: herd, flock
Nederlands: kudde, troep
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|