Vir Leendert. Oor die WVK [boodskap #11817] |
Vr, 12 Desember 1997 00:00 |
ferdinand
Boodskappe: 1462 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Paar gedagtes vir Leendert oor die WVK en oor koerante.
1. Die WVK het getuienis oor die ANC-kampe aangehoor. Dit was tydens
hul sitting in Die Fort in Johannesburg.
2. Die kwessie van die kampe val eintlik buite die raamwerk van die
WVK aangesien een van die hoofdinamieke van die WVK is om kwytskelding
van siviele of kriminele aanklagte te gee wat kan spruit uit dade
gepleeg in die stryd om apartheid.
Die kampe was in Angola. Eise en sake sal dus daar setel en die SA
kwytskelding geld nie vir ander lande nie.
3. Sake wat nie aangehoor is nie (en een waaraan ek vinnig kan dink in
Constand Viljoen se rol in die AWB se vandalisering en aanrandings in
die World Trade Center tydens die onderhandelinge vir n
oorgangsgrondwet) is eenvoudig nie onder die WVK se aandag gebring
nie.
Want die WVK werk so: As jy voel jy was n slagoffer of as jy voel jy
wil namens slagoffers optree, dan gaan jy na hulle toe en vertel wat
met jou gebeur het of wat met die mens gebeur het waaroor jy wroeg en
vra dat hulle dit moet ondersoek.
So, Leendert, as dit jou grief dat sekere dinge nie ondersoek is nie,
wel, jy het nie gevra dat dit gedoen moet word nie. So jy voel seker
nie rerig baie diep daaroor nie, ne?
(Vir tuiswerk oor die vakansie, Leendert, kan jy gerus gaan na
www.truth.org.za Dis die WVK se webblad.)
Koerante:
1. Beeld steun die WVK. En het dit nog deurentyd gesteun. En doen dit
steeds. Jy kan talle hoofartikels daaroor gaan opsoek in jou vakansie.
(Hier is nog tuiswerk: Dink oor die verskil tussen n instelling steun
en van tyd tot tyd kritiek op hom lewer rakende sekere aspekte van sy
optredes.)
Dan ook Viljoen: Ek sal die spanning vir jou verlig - Viljoen se
aansoek om amnestie is NIE geweier nie.
Daar is by the way interresante gemeenskaplikhede in sowel Modise as
Viljoen se aansoeke, verneem ek.
Albei het algemene amnestie gevra vir dade wat uit politiek spruit.
Modise het nie spesifieke dade iwat spruit uit MK-optredes genoem nie
(lees hier kampe).
Viljoen het nie spesifieke dade wat spruit uit die SAW genoem nie
(lees hier n aantal dinge wat kan wissel van optredes oor die grens
tot militere intelligensie).
|
|
|
Re: Vir Leendert. Oor die WVK [boodskap #11818 is 'n antwoord op boodskap #11817] |
Vr, 12 Desember 1997 00:00 |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
>
>
> Paar gedagtes vir Leendert oor die WVK en oor koerante.
>
> 1. Die WVK het getuienis oor die ANC-kampe aangehoor. Dit was tydens
> hul sitting in Die Fort in Johannesburg.
Interessant, ne!
Volgens jou was die Skweyia-kommissie se verslag 'n openbaredokument. As
sodanig, is dit vermoedlik tydens hierdie sitting hanteer.
Tog berig Beeld heel verbaas op Maandag 8 Desember wat Raport die vorige dag
oor die inhoud van die verslag te vertel gehad het?
Methinks the lady protesteth too much!
>
> 2. Die kwessie van die kampe val eintlik buite die raamwerk van die
> WVK aangesien een van die hoofdinamieke van die WVK is om kwytskelding
> van siviele of kriminele aanklagte te gee wat kan spruit uit dade
> gepleeg in die stryd om apartheid.
>
> Die kampe was in Angola. Eise en sake sal dus daar setel en die SA
> kwytskelding geld nie vir ander lande nie.
>
> 3. Sake wat nie aangehoor is nie (en een waaraan ek vinnig kan dink in
> Constand Viljoen se rol in die AWB se vandalisering en aanrandings in
> die World Trade Center tydens die onderhandelinge vir n
> oorgangsgrondwet) is eenvoudig nie onder die WVK se aandag gebring
> nie.
Wat was sy rol in die vandalisering?
>
> Want die WVK werk so: As jy voel jy was n slagoffer of as jy voel jy
> wil namens slagoffers optree, dan gaan jy na hulle toe en vertel wat
> met jou gebeur het of wat met die mens gebeur het waaroor jy wroeg en
> vra dat hulle dit moet ondersoek.
En die WVK besluit self of hy dit ondersoek, en hoe hy dit ondersoek.
>
> So, Leendert, as dit jou grief dat sekere dinge nie ondersoek is nie,
> wel, jy het nie gevra dat dit gedoen moet word nie. So jy voel seker
> nie rerig baie diep daaroor nie, ne?
Hoe weet jy ek het nie?
>
> (Vir tuiswerk oor die vakansie, Leendert, kan jy gerus gaan na
> www.truth.org.za Dis die WVK se webblad.)
Dankie, Meester. Ek is reeds bekend met daardie stukkie propaganda.
>
> Koerante:
>
> 1. Beeld steun die WVK. En het dit nog deurentyd gesteun. En doen dit
> steeds. Jy kan talle hoofartikels daaroor gaan opsoek in jou vakansie.
Onnodig. Ek het dit reeds gedoen. En sommige van hulle eergister op hierdie
nuusgroep geplaas.
>
> (Hier is nog tuiswerk: Dink oor die verskil tussen n instelling steun
> en van tyd tot tyd kritiek op hom lewer rakende sekere aspekte van sy
> optredes.)
Ietsie vir jou om oor te dink - Wat kan 'n mens daarvan aflei as 'n
instelling aanvanklik wydogig onkritiese steun gee aan 'n ander instelling,
en dan mettertyd meer kritiek daarop begin lewer?
>
>
> Dan ook Viljoen: Ek sal die spanning vir jou verlig - Viljoen se
> aansoek om amnestie is NIE geweier nie.
Sien my ander berig.
>
> Daar is by the way interresante gemeenskaplikhede in sowel Modise as
> Viljoen se aansoeke, verneem ek.
> Albei het algemene amnestie gevra vir dade wat uit politiek spruit.
> Modise het nie spesifieke dade iwat spruit uit MK-optredes genoem nie
> (lees hier kampe).
> Viljoen het nie spesifieke dade wat spruit uit die SAW genoem nie
> (lees hier n aantal dinge wat kan wissel van optredes oor die grens
> tot militere intelligensie).
Viljoen het ook nie aansoek gedoen vir ongespesifiseerde dade wat spruit uit
die SAW nie. Hy wou dit doen, en die WVK het geweier om daardie aansoek ter
tafel te neem. Op die ou end het hy net amnestie gevra vir die beplanning
van 'n staatsgreep voor die '94 verkiesing.
Modise het wel aansoek gedoen vir ongespesifiseerde dade wat spruit uit MK.
Die WVK het nie net daardie aansoek ter tafel geneem nie, hulle het hom
amnestie gegee - sonder openbare verhoor.
|
|
|