mengsel [boodskap #128684] |
Sa, 14 Desember 2019 08:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
mengsel
Afbreking: mengsel
Selfstandige naamwoord: mengsel
Meervoud: mengsels
Verkleinwoord: mengseltjie
Meervoud van verkleining: mengseltjies
Betekenis:
• 'n Klomp goed wat saam gemeng is.
• (skeikunde) Kombinasie van twee of meer verskillende chemiese stowwe wat saam gevoeg is sonder dat dit daardeur hulle identiteit verloor.
Gebruik:
• Lug is 'n mengsel van verskillende gasse.
Verwant:
• allegaartjie
• mengelmoes
Afgelei:
• gasmengsel
• koekmengsel
• meelmengsel
• sementmengsel
Vertaling:
Engels: mixture, blend
Nederlands: mengsel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|