Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » basaar
basaar [boodskap #128685] Sa, 14 Desember 2019 08:42
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
basaar
Afbreking: ba•saar


Selfstandige naamwoord: basaar
Meervoud: basaars
Verkleinwoord: basaartjie
Meervoud van verkleining: basaartjies

Betekenis:
• Verkoping van eetgoed en handwerk ten bate van liefdadigheid.
• 'n Oosterse mark.

Gebruik:
• Ondanks die goeie inkomste van die gereelde basaars moes die kerkraad aan die Ring rapporteer dat daar 'n groot som op die leraar se salaris agterstallig was.
• Die Groot Basaar in Istanboel, Turkye, is een van die grootste en oudste onderdak-markte ter wêreld.

Sinoniem:
• kermis
• mark

Hiponiem:
• kerkbasaar
• wyksbasaar

Afgelei:
• basaartafel
• basaartent

Verwant:
• soek (s.nw.)

Vertaling:
Engels: bazaar
Nederlands: bazaar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: mengsel
Volgende onderwerp: menslik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 07:39:24 MGT 2024