Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » krom
krom [boodskap #128600] Sa, 07 Desember 2019 17:29
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
krom
Afbreking: krom


Byvoeglike naamwoord: krom
Vergrotende trap: krommer
Oortreffende trap: kromste
Attributief: krom
Partitief: kroms
Intensief: hoepelkrom

Betekenis:
• Gebuig en nie reguit nie; skeefgetrek.

Gebruik:
• Sy rug staan krom van die ouderdom.

Spreekwoord:
• Geld wat stom is, maak reg wat krom is. [Geld maak baie knoeiery moontlik.]
• Hy maak krom spronge. [Allerhande planne maak om uit die moeilikheid te kom.]

Vergelyking:
• so krom soos 'n hoepel

Antoniem:
• reguit

Verwant:
• kromme

Vertaling:
Engels: bent, curved, buckled, crooked
Nederlands: krom

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kritiek
Volgende onderwerp: kruideniersware
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 18:26:56 MGT 2024