Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kritiek
kritiek [boodskap #128599] Sa, 07 Desember 2019 17:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18626
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
kritiek
Afbreking: kri•tiek


Selfstandige naamwoord: kritiek
Meervoud:

Betekenis:
• Kommentaar (meestal negatief) wat oor iets of iemand gelewer word.

Gebruik:
• 'n Hoogstaande persoon steur hom nie aan kleinlike kritiek nie.
• Moenie kritiek vat van diegene wat jy nie advies sal vra nie.

Verwant:
• kritiseer

Vertaling:
Engels: criticism, review
Nederlands: kritiek


Byvoeglike naamwoord: kritiek
Vergrotende trap: kritieker
Oortreffende trap: kritiekste
Attributief: kritieke

Betekenis:
• Verskriklik belangrik of baie ernstig.

Gebruik:
• Ná die operasie was die kind se toestand kritiek en is hy na die waakeenheid verskuif.

Vertaling:
Engels: critical, crucial
Nederlands: kritiek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kring
Volgende onderwerp: krom
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 16:02:39 MGT 2024