Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » tegniek
tegniek [boodskap #128492] So, 24 November 2019 16:36
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20590
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
tegniek
Afbreking: teg•niek
Uitspraak: /tɛχˈnik/


Selfstandige naamwoord: tegniek
Meervoud: tegnieke
Verkleinwoord: tegniekie
Meervoud van verkleining: tegniekies

Betekenis:
• Vakkennis; vakkunde; die vaardighede om iets tot stand te bring.
• Bedrewenheid om iets ingewikkelds te doen; metodes wat iemand inspan om 'n taak te verrig/ te presteer.

Gebruik:
• Watter tegniek het die skilder hier gebruik? Die besigheid se innoverende tegnieke is maatskappygeheime.
• Sy het 'n slim tegniek om aanvallers te oormeester. In teenstelling met bors-, rug- en vryslag, vereis vlinderslag 'n goeie tegniek.

Verwant:
• tegnikus (persoonsnaam)

Vertaling:
Engels: technique, technical skill; technology
Nederlands: techniek

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: beperking
Volgende onderwerp: ou-ou
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Nov 02 20:17:08 MGT 2024