kekkel [boodskap #128396] |
So, 17 November 2019 14:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20590 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kekkel
Afbreking: kek•kel
Werkwoord: kekkel
Verlede tyd: het gekekkel
Betekenis:
• Die geluid wat 'n hoenderhen maak.
• (figuurlik) Aanhoudend en sinneloos praat.
Gebruik:
• Die hoenders kloek en kekkel in hulle hok.
• Sy kekkel die hele aand oor alles en nog wat.
Spreekwoord:
• Die henne wat die meeste kekkel, lê nie die meeste eiers nie. [Dié wat die meeste praat, doen nie noodwendig die meeste nie.]
Afgelei:
• kekkelaar
• kekkelbek
• kekkelpraatjies
Vertaling:
Engels: to cackle, chatter
Nederlands: kakelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|