Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » suiker
suiker [boodskap #128108] Wo, 23 Oktober 2019 18:10
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Suiker
Suiker
suiker
Afbreking: sui•ker
Uitspraak: /ˈsœi̯.kər/


Selfstandige naamwoord: suiker
Meervoud: suikers
Verkleinwoord: suikertjie
Meervoud van verkleining: suikertjies

Betekenis:
• Oplosbare stof om kos te versoet, hoofsaaklik van suikerriet verkry.
• 'n Verbinding van koolstof-, waterstof- en suurstofatome.

Gebruik:
• Ek drink my tee met drie lepels suiker.
Suiker is 'n soet en oplosbare koolhidraat met die algemene formule Cx(H2O).

Spreekwoord:
• Hy moet vir sy suiker uitkruip. [Selfstandig word.]

Hiponiem:
• bruinsuiker
• strooisuiker
• versiersuiker

Afgelei:
• suikerbeet
• suikerboer
• suikerfabriek
• suikergehalte
• suikergoed
• suikerriet
• suikersiekte

Vertaling:
Engels: sugar
Nederlands: suiker
Sotho: tswekere
Xhosa: iswekile


Werkwoord: suiker
Verlede tyd: het gesuiker

Betekenis:
• Met suiker bestrooi; soet maak.

Gebruik:
• Jy sal die verslag moet suiker voordat jy dit inhandig.

Vertaling:
Engels: to sugar, sweeten
Nederlands: suikeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: musiekfees
Volgende onderwerp: kruid
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 21:44:10 MGT 2024