Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd
Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd [boodskap #11436] Wo, 19 November 1997 00:00 na volgende boodskap
M.Kruger  is tans af-lyn  M.Kruger
Boodskappe: 91
Geregistreer: Maart 1997
Karma: 0
Volle Lid
Verskoon maar die onervarenheid hier. Hou daarvan om te lees en nie deel te
neem nie, weens onkunde aan die een kant, en weens amusasies aan die ander
kant.
Die gesprek in die buiteland oor wat in S.A. gebeur, en waaraan Leendert so
knus deelneem is werklik interessant. Die verwyte wat rond geslinger word
oor sewentigerjare se kinders wat nou verwyt word omdat hulle nie 'n
verandering wou laat plaasvind nie, is plain belaglik en onsinnig.

In S.A., Leendert, is wel Afrikaners wat in die sewentigerjare, toe jong
studente, besluit het om die stelsel van binne die Afrikaner binnekring te
verander, waarvan Roelf Meyer, en al die jonger NP leiers deel was. Die
verandering in denk wyse was belangriker as 'n oorlogvoering. Dit het
ongeveer twintig jaar geneem, maar dit het eventueel gebeur, en hierdie
binnekring revolusie is nie op kennisgewingborde opgeplak of ooit erkenning
aan gegee nie. Net vir die interessantheid.

Die huidige dinamiek onder die Afrikaners wat Afrikane is en wil wees, is
om 'n verskil aan die toekoms te maak en daar word baie hard daaraan gewerk
sonder vele gejaag na erkenning en medaljes vir anti-apartheid sentimente
soos wat tot vervelens toe deur Gloudina probeer verdien word.

Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou aan
'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit die
kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.

Hier op grond vlak, dig teen die aarde, is goeie dinge besig om plaas te
vind, waaraan 'n groot groep Afrikaners deelneem wat in die
waarheidskommissie bereid was om pak slae te ontvang vir die verlede, maar
nou ook verantwoordelikheid wil neem vir die toekoms. Dis so ver verwyderd
van die werklikheid van die deelnemers aan hierdie nuusgroep, dat dit nie
die moeite sal loon om te verduidelik nie. Kom terug aarde toe en maak op
grondvlak 'n verskil, dis wat julle moet doen. Maar om heeldag te sit en
filosofeer oor dinge waarvan julle skrikwekkend min weet, sal geen hond
haar-af maak nie. Of miskien is die pogings om intellek te adverteer maar
slegs net dit, en niks meer nie.Of miskien slaag julle daarin om 'n beeld
te skep van 'n land en die Afrikaner, en te hoop dat oningeligtes julle sal
glo.

As julle wil weet wat werklik besig is om met die Afrikaner te gebeur en
julle kan die geduld openbaar om dieper as CNN en koerantberigte te delg,
kan ons maar gesels.

Julle sit op die pawiljoen terwyl my soort besig is om die wedstryd te
speel op 'n baie harde baan en in moeilike omstandighede. Miskien verander
julle denkwyse ook. Of beter, miskien sal julle meer insig he om beter
insette te lewer.

Die gesprek is nogtans interessant en word baie geniet. Groetnis.

--
Bye Bye
Re: Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd [boodskap #11437 is 'n antwoord op boodskap #11436] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Charl Durand  is tans af-lyn  Charl Durand
Boodskappe: 55
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
hieroor moet ek reageer.

> studente, besluit het om die stelsel van binne die Afrikaner binnekring te
> verander, waarvan Roelf Meyer, en al die jonger NP leiers deel was. Die
> verandering in denk wyse was belangriker as 'n oorlogvoering. Dit het
> ongeveer twintig jaar geneem, maar dit het eventueel gebeur, en hierdie

ek ken die menere wat jy van praat. ek was saam met die 'jongeres' op
universiteit. da'a'r het hulle geen oorspronlikheid openbaar anders om pw
botha na te praat nie, en hulle het nog steeds geen visie nie. hulle het nie
verandering vergestalt nie, hulle het als in hul vermoe gedoen om mag te
behou! die mense met visie was mense soos helen suzman en herry schwartz.

roelf meyer is power hungry, was destyds en is nog steeds. hy hou R750 'n
bord etes en staan dan op en sê: ons het nie 'n beleid nie. watse soort
leier is dit? watter agenda het hy anders as blote magsgewin?

maar dis lekker om hier te bly. want politici is besig om so vinnig
irrelevant te raak dat mens se ore tuit. alles gaan goed ten spyte van
hulle, nie as gevolg nie. dis hoekom ouens soos sexwale wat die skrif aan
die muur sien padgee na groener weivelde.
Re: Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd [boodskap #11438 is 'n antwoord op boodskap #11436] Wo, 19 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Griet skryf 'n sprokie :-)

griet heeft geschreven in bericht
...

> Die verwyte wat rond geslinger word
> oor sewentigerjare se kinders wat nou verwyt word omdat hulle nie 'n
> verandering wou laat plaasvind nie, is plain belaglik en onsinnig.
>
> In S.A., Leendert, is wel Afrikaners wat in die sewentigerjare, toe jong
> studente, besluit het om die stelsel van binne die Afrikaner binnekring te
> verander, waarvan Roelf Meyer, en al die jonger NP leiers deel was. Die
> verandering in denk wyse was belangriker as 'n oorlogvoering. Dit het
> ongeveer twintig jaar geneem, maar dit het eventueel gebeur, en hierdie
> binnekring revolusie is nie op kennisgewingborde opgeplak of ooit erkenning
> aan gegee nie. Net vir die interessantheid.

Inderdaad. Maar dit het nie net onder studente gebeur nie. Onder andere ook
in die weermag (lank voor '76 nogal). Een van die generaals wat sonder
behoorlike oorsaak deur FW uitgeskop is het lesings aan die militêre
akademie gegee waarin hy uitvoerig uiteengesit het waarom "afsonderlike
ontwikkeling" nie kan werk nie.

Al hierdie dinge was deel van die dinamika, waarvan mense in die diaspora
nie kon weet nie.

Maar hoekom moes dit twintig jaar duur? Verskeie redes, waarvan gevestigde
belange weliswaar een was - die soort gevestigde trog-belange waartoe
Gloudina se hele familie en al haar vriende blykbaar beperk is, as mens moet
oordeel aan haar oordele.

Daar was egter ander. Die verstarrende effek van die koue oorlog was, myns
insiens, verreweg die belangrikste van al die faktore, en ver belangriker,
insluitende die trogbrigade. Laasgenoemde was, in hoofsaak, maar die buiters
en plunderaars wat elke geveg begelei. Om te ontken dat SA 'n intensiewe
front in die koue oorlog was is bloot politkieke propagandapap wat koud
geword het. In die '70 het jy dit in die Pig&Whistle in Rondebosch gehoor op
presies dieselfde wyse wat jy nog van die Gloudinas en die Kose kry - die
party line van 'n kwarteeu gelede se Progge.

Tog jammer Roelfie, wat daardie dae so belowend gelyk het, het so snaaks
uitgedraai, nie waar nie? :-)

> Hier op grond vlak, dig teen die aarde, is goeie dinge besig om plaas te
> vind, waaraan 'n groot groep Afrikaners deelneem wat in die
> waarheidskommissie bereid was om pak slae te ontvang vir die verlede, maar
> nou ook verantwoordelikheid wil neem vir die toekoms. Dis so ver verwyderd
> van die werklikheid van die deelnemers aan hierdie nuusgroep, dat dit nie
> die moeite sal loon om te verduidelik nie. Kom terug aarde toe en maak op
> grondvlak 'n verskil, dis wat julle moet doen.

Dis 'n verstaanbare, maar fatale fout om te dink dat die myn waarin jy delf
die enigste is wat die groot diamant sal oplewer, of dat die front waarop jy
veg die enigste is waar daar iets aangaan.

Ongelukkig is hierdie persepsie inherent aan die partypolitiek.

(Ek aanvaar dit is Holomeyer-hulle wat jy so subtiel besing? :-)

Groete, Leendert
Re: Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd [boodskap #11450 is 'n antwoord op boodskap #11436] Do, 20 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2174
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"griet" writes:

> Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou aan
> 'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit die
> kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
> gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.

Dit is vir my altyd interessant as iemand begin
om op te merk dat die gedigte nie op die nuusgroep
behoort te wees nie. Ek het altyd 'n vermoede dat
die persoon wat daarteen is 'n agenda het. Ek wonder
of jy besef dat baie van die gedigte uitgetik is uit
die nuutste publikasies van gedigte uit Suid-Afrika
(onder andere "Tydskrif vir Letterkunde" en "Concept")
geskryf deur digters in Suid-Afrika, wat dus tog midde
in die gemeenskap lewe. Hoekom objekteer jy teen hulle
gedigte? Of objekteer jy teen die feit dat iemand
buite Suid-Afrika die belangstelling en die guts het
om so 'n funksie te vervul? Ek dink jou agenda is:
mense wat Afrikaans beoefen buite Suid-Afrika het nie
die reg om dinge te doen wat mense binne Suid-Afrika
die reg het om te doen nie. Ek sou graag wil weet
wat ander mense hiervan dink.

>
> As julle wil weet wat werklik besig is om met die Afrikaner te gebeur en
> julle kan die geduld openbaar om dieper as CNN en koerantberigte te delg,
> kan ons maar gesels.

Jy vergeet natuurlik dat in die kubereeu niemand
wat Afrikaans ken, staat hoef te maak op wat CNN
en lokale koerantberigte vir ons vertel nie. 'n
Mens is in byna daaglikse kontak met vriende, familie
kuberinformante van allerhande kleure en strepe in
Suid-Afrika. Die determinerende faktor in hoeveel
ek van Suid-Afrika weet is: hoe divers is my informante?
Watter soort lewe het ek gelei voordat ek uit Suid-
Afrika weg is. Hoe diep het my wortels ingegaan in
die grote verskeidenheid van sosiale groepe in SA.
'n Mens kan in Suid-Afrika sit, en so nou en benepe
van insig en uitsig wees as jy wil, en jy kan in
die buiteland sit, en so nou of so wyd sien as jy
wil. Om die verskil binneland/buiteland nou op die
Afrikaneropinie af te druk, is om 'n nuwe soort
apartheid te skep.

> Bye Bye

Vireers sê ek maar liewe in Afrikaans "totsiens"
hier uit die oostelike deel van Noord-Amerika, waar
die eerste sneeu net so 'n halfduim dik op die grond
is.

Gloudina
Re: Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd [boodskap #11460 is 'n antwoord op boodskap #11436] Vr, 21 November 1997 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
At de Lange  is tans af-lyn  At de Lange
Boodskappe: 297
Geregistreer: November 1995
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> Dit is vir my altyd interessant as iemand begin
> om op te merk dat die gedigte nie op die nuusgroep
> behoort te wees nie. Ek het altyd 'n vermoede dat
> die persoon wat daarteen is 'n agenda het. Ek wonder
> of jy besef dat baie van die gedigte uitgetik is uit
> die nuutste publikasies van gedigte uit Suid-Afrika
> (onder andere "Tydskrif vir Letterkunde" en "Concept")
> geskryf deur digters in Suid-Afrika, wat dus tog midde
> in die gemeenskap lewe. Hoekom objekteer jy teen hulle
> gedigte? Of objekteer jy teen die feit dat iemand
> buite Suid-Afrika die belangstelling en die guts het
> om so 'n funksie te vervul? Ek dink jou agenda is:
> mense wat Afrikaans beoefen buite Suid-Afrika het nie
> die reg om dinge te doen wat mense binne Suid-Afrika
> die reg het om te doen nie. Ek sou graag wil weet
> wat ander mense hiervan dink.

Liewe Gloudina,

Ek sou aan meer redes dink as ek jy is.

Ek self kan aan verskeie ander redes dink. Een
van hulle is vir my uiters tragies. Daarom sal ek
dit kortliks hier noem. Mense weet nie meer waarom
dit in 'n gedig gaan nie. Die wisselspel tussen
inhoud en vorm is vir hulle 'n geslote boek -
nie net in gedigte nie, maar in hulle hele lewe.

Daarom, sou jy vir hulle 'n sonate van Beethoven
op die klavier speel, frons hulle ewe vinnig. Of sou
jy hulle diep in Boesmanland neem met sy eie
inhoude en hulle vorme, smeek hulle jou voor
sononder om hulle weg te neem van daardie hel.
Of sou jy hulle vra om saam met jou die bybel te
bestudeer, se maar 'n boek soos Esegiel of
Openbaring, kyk hulle jou aan asof jy mal is.

Wat my nog altyd getref het, is hoe moeilik dit
is om 'n gedig uit sy oorspronklike taal te vertaal
na 'n ander taal. Dit is haas onmoontlik. Ek dink
dat hoe moeiliker dit word, hoe beter is so 'n gedig
in die oorspronklike taal.

Alles van die beste.
At de Lange
Re: Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd [boodskap #11504 is 'n antwoord op boodskap #11436] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Colin[2]  is tans af-lyn  Colin[2]
Boodskappe: 22
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Junior Lid
On 20 Nov 1997 16:17:37 GMT, wrote:

> Ek dink jou agenda is:
> mense wat Afrikaans beoefen buite Suid-Afrika het nie
> die reg om dinge te doen wat mense binne Suid-Afrika
> die reg het om te doen nie. Ek sou graag wil weet
> wat ander mense hiervan dink.
>

Gloudina

Ek stem baie nie saam met jou uitlaatings nie, maar hier dink ek
wragtig jy's reg. Afrikaans is 'n taal wat sy afkoms so te sê in Suif
Afrika het. Dit beteken nie dat as jy uit Suid Afrika tree, jou
gedagtes nie meer betrekking het tot Afrikaans nie. As dit vir ander
tale gegeld het, was Engels kwyt van al die Amerikaanse, Aussies,
Nieeu Zeelanders en Suid Afriakners onder andere wie geskryf het in
hulle diaspora. Suid Afrika is nie uniek dat daar mense uit die land
uit gaan na ander dele nie. Dit beteken nie dat mense hulle roots moet
vergeet nie.

Die nuusgroepie is vir my, soos ander, 'n plek van kontak in 'n taal
wat ek nog steeds in my huis praat al is dit nie my eerste taal nie.

Wat dan is Afrikaanse kultuur as dit nie gedigte insluit nie?

Vriendlike Groete

Colin
Vorige onderwerp: Waar is die ware Afrikaners?
Volgende onderwerp: Re:Aan Gloudina, Vira , Leendert.....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Nov 17 15:37:44 MGT 2024