Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re:Aan Gloudina, Vira , Leendert.....
Re:Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11448] Do, 20 November 1997 00:00 na volgende boodskap
Stephanus Schoeman  is tans af-lyn  Stephanus Schoeman
Boodskappe: 41
Geregistreer: Augustus 1997
Karma: 0
Volle Lid
> Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou aan
> 'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit die
> kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
> gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.
Gloudina skryf:
Dit is vir my altyd interessant as iemand begin
om op te merk dat die gedigte nie op die nuusgroep
behoort te wees nie. Ek het altyd 'n vermoede dat
die persoon wat daarteen is 'n agenda het. Ek wonder
of jy besef dat baie van die gedigte uitgetik is uit
die nuutste publikasies van gedigte uit Suid-Afrika
(onder andere "Tydskrif vir Letterkunde" en "Concept")
geskryf deur digters in Suid-Afrika, wat dus tog midde
in die gemeenskap lewe. Hoekom objekteer jy teen hulle
gedigte? Of objekteer jy teen die feit dat iemand
buite Suid-Afrika die belangstelling en die guts het
om so 'n funksie te vervul? Ek dink jou agenda is:
mense wat Afrikaans beoefen buite Suid-Afrika het nie
die reg om dinge te doen wat mense binne Suid-Afrika
die reg het om te doen nie. Ek sou graag wil weet
wat ander mense hiervan dink.

-----------
Vir 'n verandering stem ek saam met Gloudina. Met moderne tegnologie asook
die groot aantal Afrikaans sprekendes wat veral die afgelope 18 maande uit
SA weggaan, gaan Afrikaans meer en meer beoefen, voortbestaan en selfs
ontwikkel buite die landsgrense. Ons het soveel Afrikaanse vriende in
Christchurch dat ek nie kan sien dat die tyd ooit sal kom dat ons minder of
swakker Afrikaans sal praat nie. Ons het meer Afrikaanse musiek aangekoop
voor ons SA verlaat het, as ooit te vore. Ek het 'n vriendin ontmoet wat
Afikaanse gedigte toon set en het met meer passie daarna geluister as wat
ek my ooit sou kon in dink. Dis maar soos met so baie dinge - jy waardeer
dit meer as jy weet jy kan dit dalk verloor. Verder kan ek net so 'n
Afrikaner wees in NZ as wat ek in SA kan wees. Miskien gee die afstand
asook die kontak met 'n multi kulturele volk soos in NZ my meer perspektief
as wat ek in SA gehad het. Daar het ek in elk geval die laaste 2 jaar so
gespartel om ekonomies te oorleef en ons lewe 'veilig' te maak dat ek nie
tyd gehad het om my oor baie ander dinge te bekommer nie.

Ek groet uit 'n koel Christchurch (12.2 grade maar dit is darem nog half 7
in die oggend - hier wissel die temperatuur maklik met 10 grade binne 'n
uur!!!) Maar dis groen, mooi en skoon al mis ek die geel warmte van die
Afrika son.

Riana
Re: Re:Aan Gloudina, Vira , Leendert..... [boodskap #11498 is 'n antwoord op boodskap #11448] Ma, 24 November 1997 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Beste Riana,

Ek is verskeie kere op rekord in hierdie forum dat ek reken dat Afrikaners
(en ander Suid-Afrikaners) in die diaspora 'n waardevolle rol kan speel vir
die wat hier bly.

Hulle kan egter ook 'n gevaarlike rol speel.

Die belangrike aspek is dit: elkeen wat hier bly moet saamleef met die
gevolge van sy dade hier. Elkeen wat in die buiteland is het gekies om nie
saam te leef nie met die gevolge van sy dade hier - hetsy in die verelede of
in die hede.

Dit plaas 'n groot verantwoordelikheid op mense wat uit die buiteland sake
hier be-invloed of probeer be-invloed, op watter manier ookal, en doelbewus
of onbewus. Hulle mag nie vergeet nie, dat hulle dade wat sake hier mag
beinvloed vir hulle bloot gevolgloos is - die van ons wat hier is moet
daarmee saamleef.

Omdaardie rede vind ek Gloatina se pogings om mense te verketter en te
vervark net so laakbaar as die van die Engelsprekende ex-AWB wat nou in
Georgia of Montana sit en rassehaat broei saam met sy maatjies in die KKK of
freemen, en wat daardie hatigheid in forums soos die volkstaatlys aanblaas.

Nog Gloatina nog die ex-AWB sal enige gevolge van hul haatveldtogte dra. Om
daarmee voort te gaan, vind ek dus niks meer nie as veragtelike
lafhartigheid. Net soos baie van die besluitnemers van apartheid, maak hulle
besluite vir en oor ander, sonder om self die gevolge daarvan te dra.

Groete, Leendert

Stephanus Schoeman wrote in article
...

>
>> Die nuusgroep dwaal rond in gedigte boeke en probeer nostalgies vasklou
> aan
>> 'n taal in die buiteland, omdat hulle wortels lankal nie meer voed uit
> die
>> kultuur waarin dit gekweek is nie. Moerdertjie, hoe vervelig kan die
>> gesprek nou nog raak met sulke deelnemers.
> Gloudina skryf:
> Dit is vir my altyd interessant as iemand begin
> om op te merk dat die gedigte nie op die nuusgroep
> behoort te wees nie. Ek het altyd 'n vermoede dat
> die persoon wat daarteen is 'n agenda het. Ek wonder
> of jy besef dat baie van die gedigte uitgetik is uit
> die nuutste publikasies van gedigte uit Suid-Afrika
> (onder andere "Tydskrif vir Letterkunde" en "Concept")
> geskryf deur digters in Suid-Afrika, wat dus tog midde
> in die gemeenskap lewe. Hoekom objekteer jy teen hulle
> gedigte? Of objekteer jy teen die feit dat iemand
> buite Suid-Afrika die belangstelling en die guts het
> om so 'n funksie te vervul? Ek dink jou agenda is:
> mense wat Afrikaans beoefen buite Suid-Afrika het nie
> die reg om dinge te doen wat mense binne Suid-Afrika
> die reg het om te doen nie. Ek sou graag wil weet
> wat ander mense hiervan dink.
>
> -----------
> Vir 'n verandering stem ek saam met Gloudina. Met moderne tegnologie asook
> die groot aantal Afrikaans sprekendes wat veral die afgelope 18 maande uit
> SA weggaan, gaan Afrikaans meer en meer beoefen, voortbestaan en selfs
> ontwikkel buite die landsgrense. Ons het soveel Afrikaanse vriende in
> Christchurch dat ek nie kan sien dat die tyd ooit sal kom dat ons minder of
> swakker Afrikaans sal praat nie. Ons het meer Afrikaanse musiek aangekoop
> voor ons SA verlaat het, as ooit te vore. Ek het 'n vriendin ontmoet wat
> Afikaanse gedigte toon set en het met meer passie daarna geluister as wat
> ek my ooit sou kon in dink. Dis maar soos met so baie dinge - jy waardeer
> dit meer as jy weet jy kan dit dalk verloor. Verder kan ek net so 'n
> Afrikaner wees in NZ as wat ek in SA kan wees. Miskien gee die afstand
> asook die kontak met 'n multi kulturele volk soos in NZ my meer perspektief
> as wat ek in SA gehad het. Daar het ek in elk geval die laaste 2 jaar so
> gespartel om ekonomies te oorleef en ons lewe 'veilig' te maak dat ek nie
> tyd gehad het om my oor baie ander dinge te bekommer nie.
>
> Ek groet uit 'n koel Christchurch (12.2 grade maar dit is darem nog half 7
> in die oggend - hier wissel die temperatuur maklik met 10 grade binne 'n
> uur!!!) Maar dis groen, mooi en skoon al mis ek die geel warmte van die
> Afrika son.
>
> Riana
>
Vorige onderwerp: Aan Gloudina en Vira en Leendert - van 'n buite perd
Volgende onderwerp: Re: "Na-Apartheid" deur ROGER WASTIJN
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 02:41:17 MGT 2024