Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Interessante artikel in die nuutste Wetenskap-Huisgenoot
Re: Interessante artikel in die nuutste Wetenskap-Huisgenoot [boodskap #1346] Wo, 16 Julie 2003 16:45 na volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:bfmahvoh1gski532evjbpl7ov0mu407cso@4ax.com...
> Laat my nou sommer ook dink aan "demokrasie" wat ontstaan het in
> Athene, maar waar vrouens, vreemdelinge en slawe geen sê gehad het
> nie. :-)

Soos in baie lande vandag nog..:-)) Ek gaan gou die artikel lees.

Lorinda
Re: Interessante artikel in die nuutste Wetenskap-Huisgenoot [boodskap #1347 is 'n antwoord op boodskap #1346] Wo, 16 Julie 2003 18:50 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:bfmahvoh1gski532evjbpl7ov0mu407cso@4ax.com...
> In die Augustus weergawe van Scientific American:
>
>
http://www.sciam.com/article.cfm?colID=1&articleID=0009B D34-398C-1F0A-97AE80
A84189EEDF
>
> Afgesien van die baie interessante aspek wat die artikel bespreek oor
> hoe die wetenskap ou geloofstradisies kan verklaar - dog ek nogal dit
> was 'n interessante "angle" waaruit die outeurs die Pythia beskou?
> "Extraordinarily for misogynist Greece, the Pythia was a woman. And
> she did not inherit her office through noble family connections. "
>
> Ek dog al die tyd dat die Pyhia was juis gekies uit die ongeletterde
> klas van vroue in Delphi, omdat Apollo juis 'n menopausale vrou wat
> ongeletterd was en nie baie weet/min of geen kennis het, wou hê vir
> hierdie rol - sodat sy nie haar eie interpretasies of idees kon oordra
> nie?
> En juis hierom kon en het die priesters wat dan kamtig Apollo se
> boodskappe van/deur haar mos interpreteer, dit lekker verdraai en
> aanpas om by hulle politieke en geloofs agendas te pas?
> Nou laat die outeurs dit dan klink asof die Grieke van destyds eintlik
> baie "with-it" was? Was dit werklik so "extraordinarily"? Laat mens
> dink aan die interpretasie van die res van die artikel? :-)
>
> Laat my nou sommer ook dink aan "demokrasie" wat ontstaan het in
> Athene, maar waar vrouens, vreemdelinge en slawe geen sê gehad het
> nie. :-)
>

Wat die artikel ook nie noem nie, is dat die Pythia ouer as Apollo was, wat
dalk ook kan verduidelik waarom dit 'n vrou was. Die mite se dat Gaia die
orakel was, beskerm deur haar seun (die slang Python) totdat laasgenoemde
deur Apollo doodgemaak is en hy die Pythia oorgeneem het. Dit kon dus 'n
baie ouer fertility cult gewees het, waarin vrouens wel 'n rol gespeel het.
Alhoewel daar allerhande teenstrydige opinies is (soos oor amper alles in
antieke geskiedenis) was Apollo een van die nuwe gode gebring deur die
invallers wat 'n totaal ander wereld visie gehad het. Daar was heelwat
cults waarin vrouens wel 'n rol gespeel het, maar soos die artikel se het
hulle gewoonlik hulle posisie gekry deur wie en wat hulle was, anders as die
Pythia, maar hulle was ook baie keer ongeletterd, dit was nie ongewoon nie.
Selfs in Athene het geletterdheid onder vroue gewissel van tyd tot tyd
(Menandros het gese:"om 'n vrou te leer lees en skryf is 'n vreeslike ding
on te doen. Dis soos om 'n giftige slang nog meer gif te gee"), en op ander
plekke het dit ook baie gewissel (behalwe in Sparta). Net onder die hetairai
was dit deurgaans aanvaarbaar, en selfs nie almal van hulle was geletterd
nie (dit het hulle ook nie 'n beter stand gegee nie).

Dat die Pythia gemanipuleer is deur die priesters van Apollo is seker, en
hulle het soveel mag gehad dat ek nie weet hoeveel verskil dit sou gemaak
het as sy geletterd was nie. Kennis kon wel 'n verskil gemaak het aan die
goed wat sy dalk sou se, maar daar is dan ook nog die "trance" faktor.

Die artikel was interessant oor die rede wat jy noem, hoe die wetenskap kan
help om geskilpunte op te klaar in ander vakke. Die wetenskap lewer
aanhoudend belangrike bydrae, soos byvoorbeeld om dinge so om en by te
dateer ens.

Oor iets anders, het jy ooit die boek "Athenian Murder Mysteries" deur Jose
Carlos Somoza gelees? Dis 'n novelle geskryf om Plato se "Idee" te
illustreer... Ek het dit nogal interessant gevind.

Lorinda
Re: Interessante artikel in die nuutste Wetenskap-Huisgenoot [boodskap #1348 is 'n antwoord op boodskap #1347] Wo, 16 Julie 2003 19:00 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Lorinda" skryf in boodskap news:3f159d4b$1_1@mk-nntp-2.news.uk.tiscali.com...
>
> Oor iets anders, het jy ooit die boek "Athenian Murder Mysteries" deur Jose
> Carlos Somoza gelees? Dis 'n novelle geskryf om Plato se "Idee" te
> illustreer... Ek het dit nogal interessant gevind.
>
> Lorinda

Het nou net in my boekrak vasgekyk, en ek sien die boek se naam is eintlik
"The Athenian Murders". As jy dit gelees het sal jy die fout verstaan, as jy
dit nog nie gelees het nie was dit nou 'n baie ongelukkige fout:-). Jammer.

Lorinda
Vorige onderwerp: Re: Lemon Balm
Volgende onderwerp: Re: Usenet (laaaank)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 05:23:56 MGT 2024