Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Lemon Balm
Re: Lemon Balm [boodskap #1242] Ma, 14 Julie 2003 21:39 na volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 2003 17:20:31 -0400, Katryn wrote:

> "Lorinda" wrote:
>
>> Van goeie geheue gepraat, 'n rukkie gelede was die media hier vol van die
>> "feit" dat die plant lemon balm glo baie goed vir die geheue is. Dink jy
>> daar is enige waarheid in Katryn? Ek vra net omdat ek skepties is daaroor
>> dat enige plant met so iets kan help, maar ek weet nie.
>
Ek gebruik 'n multi vitamine stroop wat Ginko Biloba 'contains'.
Mind and energy booster.

Ginko Biloba is an ancient herbal remedy traditionally used for the
improvement of memory, alertness and concentration.

Die produk se naam is Turbovite en dit bevat 'n magdom vitamines en
minerale. Een van die redes waarom ek tot vroeg oggend op rekenaar
besig is, en behalwe dit, is ons op die oomblik in middelwinter, en
sonder enige griepinspuiting, het ek geen verkoue nie.




> Ek dra kennis van, en het al artikels gesien wat dui op lemon balm
> (melissa) se antivirale eienskappe en veral met betrekking op Herpes
> Hominus Simplex tipe 1 (HSV-1). Maar oor die geheue storie spesifiek
> kan ek ongelukkig nie aan iets spesifieks dink nie.
> Moenie te skepties wees nie, hoor? Kruie se medisinale eienskappe is
> amazing, en ons kan nog baie leer van die Oosterlinge veral. Probleem
> is dat baie van die goed se aktiewe bestanddele is dosis spesifiek,
> en verskillende mense sal verskillend reageer (ook afhangende van
> hulle gewone dieet en medisyne regime). Dan kan mens ook nie sommer
> net sekere goed gebruik sonder om in ag te neem dat daar n kaskade
> ander effekte en newe-effekte ook plaasvind nie. Dis beter om na die
> geheel te kyk. Jou dieet, watse medisyne jy tans gebruik, hoeveel
> oefening jy kry en so aan...
> Maar ek babbel nou. Sal môre gou kyk in die Index Medicus of ek iets
> meer feitliks/wetenskapliks kan kry oor spesifiek die farmakologiese
> aksies van melissa, en jou laat weet.
>
> Nou moet ek gaan kosmaak en aandag aan man en seun gee. Gesels later
> weer. :-)
Re: Lemon Balm [boodskap #1243 is 'n antwoord op boodskap #1242] Ma, 14 Julie 2003 21:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:9g66hvsrisse4ocq3a6gvq7s4v899i5ad7@4ax.com...
> "Lorinda" wrote:
>
>> Moenie te skepties wees nie, hoor? Kruie se medisinale eienskappe is
> amazing, en ons kan nog baie leer van die Oosterlinge veral. Probleem
> is dat baie van die goed se aktiewe bestanddele is dosis spesifiek,
> en verskillende mense sal verskillend reageer (ook afhangende van
> hulle gewone dieet en medisyne regime).

Ek is nie skepties oor medisinale eienskappe van kruie oor die algemeen nie.
Ek groei self kruie en gebruik dit vir allerhande doeleindes, maar het net
nie gedink geheue is iets wat daardeur gehelp kan word nie, omdat ek nie kon
uitwerk hoe dit sou werk nie, daarom die vraag.

Lorinda
Re: Lemon Balm [boodskap #1244 is 'n antwoord op boodskap #1243] Ma, 14 Julie 2003 21:47 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 2003 22:41:45 +0100, "Lorinda" wrote:


>
> Ek is nie skepties oor medisinale eienskappe van kruie oor die algemeen nie.
> Ek groei self kruie en gebruik dit vir allerhande doeleindes, maar het net
> nie gedink geheue is iets wat daardeur gehelp kan word nie, omdat ek nie kon
> uitwerk hoe dit sou werk nie, daarom die vraag.
>
> Lorinda
>

Ek weer, is vreeslik verstrooid. So verstrooid, dat ek somtyds 'n lag
ontlok. In 'n graad twee skoolsertifikaat, het 'n onderwyseres al
gesê: "Hy doen goed maar is verstrooid"

So ek het dit saam met my grootword jare gebring:-)

Wat het ek saamgebring? Kan nou nie onthou nie, maar jy sal
weet waaroor ons gepraat het, want ek dink nou aan iets anders.

Speedy
Re: Lemon Balm [boodskap #1245 is 'n antwoord op boodskap #1242] Ma, 14 Julie 2003 21:48 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14
>
> En hier dink ons dat jy van nature so alert en concentrated is!!:-)
>
> Lorinda
>
>

Nee, dis kunsmatig:-)
Re: Lemon Balm [boodskap #1246 is 'n antwoord op boodskap #1242] Ma, 14 Julie 2003 21:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:g986hvcmu2t4cpmpg8a4bd82kt4hcdjqb4@4ax.com...
>>
> Ek gebruik 'n multi vitamine stroop wat Ginko Biloba 'contains'.
> Mind and energy booster.
>
> Ginko Biloba is an ancient herbal remedy traditionally used for the
> improvement of memory, alertness and concentration.
>
> Die produk se naam is Turbovite en dit bevat 'n magdom vitamines en
> minerale. Een van die redes waarom ek tot vroeg oggend op rekenaar
> besig is, en behalwe dit, is ons op die oomblik in middelwinter, en
> sonder enige griepinspuiting, het ek geen verkoue nie.

En hier dink ons dat jy van nature so alert en concentrated is!!:-)

Lorinda
Re: Lemon Balm [boodskap #1247 is 'n antwoord op boodskap #1244] Ma, 14 Julie 2003 21:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:cu86hvsmssiem0rueqj0mj8vc9e6nmh5n1@4ax.com...
>
> Ek weer, is vreeslik verstrooid. So verstrooid, dat ek somtyds 'n lag
> ontlok. In 'n graad twee skoolsertifikaat, het 'n onderwyseres al
> gesê: "Hy doen goed maar is verstrooid"
>

Dit laat my dink aan John McCarthy se humoristiese boek waarin hy praat van
sy skooljare by die Christian Brothers skool. Sy rapport toe hy 7 jaar oud
was het gese: "John will never amount to anything, but he can take a
punch...".

Lorinda
Re: Lemon Balm [boodskap #1248 is 'n antwoord op boodskap #1244] Ma, 14 Julie 2003 22:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Speedy Gonzales" skryf in boodskap news:cu86hvsmssiem0rueqj0mj8vc9e6nmh5n1@4ax.com...
> Wat het ek saamgebring? Kan nou nie onthou nie, maar jy sal
> weet waaroor ons gepraat het, want ek dink nou aan iets anders.
>
> Speedy

Het jy onthou om vir Tobie na die groep te nooi?

Lorinda
Re: Lemon Balm [boodskap #1249 is 'n antwoord op boodskap #1242] Di, 15 Julie 2003 06:52 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:iie6hv4gc30q7c9u9bfj295hhcma4m3q11@4ax.com...
>
> Die metodes vir kognitiewe analise is vreeslik involved en heeltemal
> buite my kennisveld. Maar ek het sommer hier van die huis af 'n vinnge
> scan gedoen op Medline, en kry hierdie artikel(s) wat jou dalk sal
> interesseer. Bottomline is dit lyk asof dit dalk wel kan help.
> Interessant...
> Ek heg ook 'n abstrak van 'n ander (nuwer) artikel wat handel oor Sage
> (Spanish Sage). K.A Wesnes en Kennedy et al, lyk my doen navorsing op
> hierdie gebied. Altwee artikels is deur sy groep gepubliseer.
> Nou het ek ook iets nuuts geleer! :-)

Baie dankie vir die moeite Katryn, Die artikels is baie interessant - ek
sien dat dit selfs bietjie kan help met Alzheimers! Dit sal my nou leer om
'n doubting Thomas te wees....:-) Wat is die afrikaanse woord vir "sage"?

Lorinda
Re: Lemon Balm [boodskap #1254 is 'n antwoord op boodskap #1248] Di, 15 Julie 2003 18:15 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Speedy Gonzales  is tans af-lyn  Speedy Gonzales
Boodskappe: 197
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 14 Jul 2003 23:00:52 +0100, "Lorinda" wrote:

>
> "Speedy Gonzales" wrote in message
> news:cu86hvsmssiem0rueqj0mj8vc9e6nmh5n1@4ax.com...
>> Wat het ek saamgebring? Kan nou nie onthou nie, maar jy sal
>> weet waaroor ons gepraat het, want ek dink nou aan iets anders.
>>
>> Speedy
>
> Het jy onthou om vir Tobie na die groep te nooi?
>
> Lorinda
>

nee, bietjie vergeet. Net so effens

Speedy
Re: Lemon Balm [boodskap #1345 is 'n antwoord op boodskap #1242] Wo, 16 Julie 2003 06:58 Na vorige boodskap
Raj  is tans af-lyn  Raj
Boodskappe: 590
Geregistreer: Mei 2003
Karma: 0
Senior Lid
"Katryn" skryf in boodskap news:kc09hvg06urs6us8imk7lqvjp7366rllgq@4ax.com...
> Dis darem beter as om alles goedsmoeds te glo. :-) En, ek het rerig
> geen idee van "sage" is in Afrikaans nie. Wanneer kry jy jou
> woordeboeke? :-)
>

Dit neem glo "up to" 12 weke. Ek hoop dis gouer hier as dit...:-)

Lorinda
Vorige onderwerp: To the bastille!
Volgende onderwerp: Re: Interessante artikel in die nuutste Wetenskap-Huisgenoot
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 28 19:45:54 MGT 2024