Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » honger
honger [boodskap #127779] Do, 19 September 2019 19:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18857
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
honger
Afbreking: hon•ger
Uitspraak: /ˈɦɔ.ŋər/


Byvoeglike naamwoord: honger
Vergrotende trap: hongerder
Oortreffende trap: hongerste
Attributief: honger
Intensief: doodhonger, rasend honger, skreeuhonger, sterwend honger, vrekhonger

Betekenis:
• 'n Behoefte aan voedsel; om kos te wil hê.

Gebruik:
• Die boemelaar moes honger gaan slaap.

Spreekwoord:
• Ek is so honger dat ek 'n spyker se kop kan afbyt. [Doodhonger.]

Vergelyking:
• So honger soos 'n wolf.

Antoniem:
• versadig

Vertaling:
Engels: hungry, hunger
Nederlands: honger


Selfstandige naamwoord: honger
Meervoud:

Betekenis:
• Die gevoel dat dit nodig raak om te eet.

Gebruik:
• Wanneer eet ons, ek is dood van die honger.

Spreekwoord:
Honger is die beste kok. [Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.]
Honger maak rou bene soet. [Vir iemand wat honger is, smaak alles lekker.]

Afgelei:
• hongerpyn

Vertaling:
Engels: hunger, appetite
Nederlands: honger


Werkwoord: honger
Verlede tyd: het gehonger
Teenwoordige deelwoord: hongerende

Betekenis:
• Verlang na.

Gebruik:
• Ek honger na die vryheid van die ope veld.

Vertaling:
Engels: to desire
Nederlands: hongeren

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bont
Volgende onderwerp: skoppelmaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 09:54:26 MGT 2024