Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bont
bont [boodskap #127778] Do, 19 September 2019 06:04
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 18903
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
bont
Afbreking: bont


Byvoeglike naamwoord: bont
Vergrotende trap: bonter
Oortreffende trap: bontste
Attributief: bont
Intensief: papegaaibont

Betekenis:
• Met baie verskillende kleure.

Gebruik:
• Sy dra 'n rok met bont kolle daarop.

Spreekwoord:
• Sy bont varkie is weg. [Hy is effens mal.]
• Hy is bont en blou geslaan. [Goed afransel sodat sy lyf vol kneusplekke is.]
• Rond en bont staan. [Allerhande pogings aanwend om iets te bereik of te doen.]
• 'n Mens noem nie die koei bont as daar nie 'n vlekkie aan is nie. [Daar is nie 'n praatjie sonder 'n oorsaak nie.]
• Een bont kraai maak nog nie die somer nie. [Uit een enkele geval kan nie 'n algemene gevolgtrekking gemaak word nie.]

Sinoniem:
• veelkleurig
• kleurvol

Homofoon:
• bond (vereniging)

Vertaling:
Engels: multi-coloured
Nederlands: bont

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bom
Volgende onderwerp: honger
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 15:47:23 MGT 2024