Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barrés, Maurice
Barrés, Maurice [boodskap #127422] Sa, 10 Augustus 2019 18:31
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Maurice Barrès in 1923.
Maurice Barrès in 1923.
Maurice Barrés (1862 - 1923) was 'n Franse romanskrywer en politikus; grondlegger van ’n georganiseerde nasionalistiese beweging in Frankryk. Sy hoofwerk is ’n romantrilogie Les Déracinés (Die Ontwortelde, 1897); l'Appel au Soldat (Die Beroep op die Leër, 1900) en Leurs Figures (Hulle Portrette, 1902). Van groot belang is sy boek oor die skilder Greco: Gréco ou le Secret de Toléde (El Greco of die Geheim van Toledo, 1911). Van jeugdige leeftyd tot aan sy dood was Barrés vrywel ononderbroke parlementslid.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barrakuda
Volgende onderwerp: Barrie, sir James Matthew
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 07:56:03 MGT 2024