Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barrie, sir James Matthew
Barrie, sir James Matthew [boodskap #127423] Sa, 10 Augustus 2019 18:37
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
J.M. Barrie deur Herbert Rose Barraud, 1892
J.M. Barrie deur Herbert Rose Barraud, 1892
Sir James Matthew Barrie (1860 - 1937) was 'n Skotse roman- en toneelskrywer. Barrie het die grootste welslae met sy toneelstukke behaal, onder andere Quality Street (1902), The Admirable Crichton, A Kiss for Cinderella, Dear Brutus, The Boy David; maar miskien sal hy die beste onthou word vir sy kindertoneelstuk Peter Pan ("die seun wat nie wou grootword nie"), 1904. In die Kensington Gardens in Londen staan ’n bronsbeeld (1912) van Peter Pan deur sir George Frampton. Onder sy verhale is bekend A Widow in Thrums (onder hierdie laaste naam beskryf hy sy geboortedorp Kirriemuir).

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barrés, Maurice
Volgende onderwerp: Bart Nel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 10:48:27 MGT 2024