Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Barlow, Arthur G.
Barlow, Arthur G. [boodskap #127367] So, 04 Augustus 2019 20:50
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Arthur Godfrey Barlow omstreeks 1955.
Arthur Godfrey Barlow omstreeks 1955.
Arthur G. Barlow (1876 -1962) was 'n kleurryke Suid-Afrikaanse politikus en joernalis. Tydens sy lang politieke loopbaan het hy agtereenvolgens die Arbeidersparty, Verenigde Party en Nasionale Konserwatiewe Party in die Volksraad verteenwoordig.

Hy begin sy loopbaan as verslaggewer by The Friend en word (in 1900) op 23 'n ruk lank die koerant se redakteur. Hy was 'n oorlogskorrespondent in die Tweede Vryheidsoorlog en steun beweging na die oorlog vir volle verantwoordelike bestuur. Lid Vrystaatse parlement, 1907 - 1910. Skerp teenstander van Hertzog. Ondersteun Unionisteparty, 1913, later Arbeidersparty. Werk saam met Tielman Roos vir toenadering tussen Arbeiders en N.P., 1923 - 1924. L.V. Arbeidersparty 1924 - 1929. Voorsteller van mosie in Volksraad dat koning geen titels meer aan S.A. burgers verleen nie, 1925. Vanaf 1929 joernalis, Johannesburg, en parlementêre korrespondent. Ondersteun Tielman Roos in veldtog teen goudstandaard, 1932. Redakteur Sunday Express, 1934. L.V. Verenigde Party, Hospitaal-Heuwel, 1933 – 1958. Voorsteller van mosie in Volksraad ten gunste van een Unievlag, 1957. Sien VLAG. Tree uit politiek, 1958. Skrywer van, o.a.: Almost in Confidence en That we may Tread Safely.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Barkley-Wes
Volgende onderwerp: Barnabas
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 06:15:01 MGT 2024