Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bout
bout [boodskap #127186] Ma, 22 Julie 2019 18:52
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20615
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Boute.
Boute.
bout
Afbreking: bout




Selfstandige naamwoord: bout
Meervoud: boute
Verkleinwoord: boutjie
Meervoud van verkleining: boutjies

Betekenis:
• Metaalstaaf met 'n kop en skroefdraad wat met 'n moer vasgedraai word.
• 'n Soldeerbout.

Gebruik:
• Waar is die bout se moer? Draai die bout met die moersleutel vas.
• Maak die bout warm sodat ons die stroombaan kan soldeer.

Homofoon:
• boud (agterste, dik liggaamsdeel)

Afgelei:
• boutknipper

Vertaling:
Engels: bolt, rivet; (soldering-)iron
Nederlands: bout


Werkwoord: bout
Verlede tyd: het gebout

Betekenis:
• Met 'n bout vasmaak.

Gebruik:
Bout hom vas.

Vertaling:
Engels: to bolt
Nederlands: bouten

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: moer
Volgende onderwerp: boud
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Nov 05 08:03:31 MGT 2024