Betekenis:
• Geldelike verpligting; 'n bedrag geld wat nog nie betaal is nie.
• 'n Verantwoordelikheid wat aan iemand vir 'n laakbare gebeurtenis of toestand toegeskryf word; fout; sonde.
Gebruik:
• Hy is diep in die skuld. Die bank loop altyd die risiko dat skuld nie vereffen sal word nie.
• Sy het skuld erken op 12 gevalle van inbraak. Dis jou skuld dat dit gebeur het.
Spreekwoord:
• Laat die skuld maar aankalk. [Skryf dit op my rekening.]
• Hy is tot oor sy ore in die skuld. [Baie diep in die skuld.]
• Hy is met skuld belas en belaai. [Hy het meer skuld as wat hy kan hanteer.]
• Belofte maak skuld; wie daarop wag is gekuld. [Iemand moet sy belofte nakom.]