Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Pegasus
Pegasus [boodskap #126752] Ma, 24 Junie 2019 19:56
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
'n Voorstelling van Pegasus, die gevleuelde, vlieënde perd.
'n Voorstelling van Pegasus, die gevleuelde, vlieënde perd.
Pegasus (Grieks: Pegasos) is 'n perd met vlerke in die Griekse mitologie. Pegasus het volgens legende uit die liefde tussen Medusa en die seegod Poseidon ontstaan. Toe Perseus vir Medusa onthoof het (terwyl hy na haar weerkaatsing in ’n spieël gekyk het), het Pegasus uit die bloed wat uit haar nek gespuit het verrys.

Medusa was ’n Gorgo (’n vroulike monster) en een van drie susters. Sy het slange in plaas van hare op haar kop gehad. Enigiemand wat na haar gekyk het, het op die plek versteen (in klip verander). Medusa het dié slange op haar kop gekry toe sy deur die godin Atena (Athena) vervloek is. Poseidon isdeur die goue kleur van Medusa se hare verlei en hulle het in ’n tempel van Atena omgang gehad. Atena het toe haar goue lokke in slange verander. Sy is uiteindelik deur Perseus onthoof met die hulp van die gode Hermes, Atena en Hades. Hermes het ’n antieke swaard voorsien, Atena 'n goed gepoleerde bronsskild en Hades het sy helm van onsigbaarheid vir Perseus gegee. Nimfe het hom toe die pad na die grot waar die Gorgone geslaap het aangewys. Hy het my sy rugkant na Medusa se weerkaatsing in Atena se blink skild gesoek. So kon hy veilig tot by haar kom en haar kop afkap. Van die bloed wat uit haar nek gespuit het, het Pegasus, haar seun by Poseidon, ontstaan.

Bellerophon het vir Pegasus gevang en hom getem sodat hy in die stryd teen die Chimaira en die Amasone van diens kon wees. Uiteindelik het Bellerophon probeer om Pegasus na die berg Olimpus te vlieg. Die gode het egter Bellerophon se hoogmoedige daad gesien en 'n steekvlieg gestuur om Pegasus onder die stert te byt. Pegasus het gespring en Bellerophon afgegooi, waartydens hy 'n verskriklike dood gesterf het (hoewel hy volgens sommige bronne deur Atena gered is).

Toe Pegasus wel op Olimpus aangekom het, het hy die draer van Zeus se bliksemstrale geword. Die fontein (bron) op die berg Helikon by Hippokreen is deur 'n enkele hoefslag van Pegasus geskep. Zeus het Pegasus later tot 'n konsiliasie verhef.

Bron: Die Afrikaanse Kernensiklopedie, J.P. Scannell (red.), 1965

Laat weet as u oor addisionele inligting beskik wat ons hier kan bywerk.
Vorige onderwerp: Skarlakenkoors
Volgende onderwerp: Barbarye
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 11:51:45 MGT 2024