Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Ensiklopedie » Skarlakenkoors
Skarlakenkoors [boodskap #126728] Sa, 22 Junie 2019 20:53
Inligting  is tans af-lyn  Inligting
Boodskappe: 4588
Geregistreer: November 2018
Karma: 1
Senior Lid
Simptome van skarlakenkoors.
Simptome van skarlakenkoors.
Skarlakenkoors (Latyn: scarlatina) is 'n aansteeklike kindersiekte wat deur die streptokokkus-kiem veroorsaak word. Dit word gekenmerk deur 'n veluitslag en aantasting van die slymvliese (in die mond en keel). Skarlakenkoors kan 'n gevaarlike siekte wees, alhoewel dit deesdae as minder ernstig beskou word. Dit kom hoofsaaklik onder kinders jonger as vier jaar voor.

Verspreiding:
Die siekte is hoogs aansteeklik en word deur vogdruppels uit die neus, mond en keel van 'n lyer of draer versprei. Dit kan deur direkte kontak of besoedelde melk en ander voedsel oorgedra word.

Simptome:
• Kind kla aanvanklik oor 'n seer keel, hoofpyn en maagpyn en het ‘n hoë koors.
• 'n Uitslag verskyn ná twee tot drie dae, eers in die armholtes en lieste, dan oor die liggaam en ledemate.
• Die velvoue is 'n donkerder rooi. Die wange is rooi en daar is bleekheid om die mond.
• Die tong is eers met 'n wit lagie bedek en word later aarbeirooi.
• Die kliere in die nek is gevoelig en vergroot.

Behandeling:
'n Antibiotikum (of ander medikasie) is noodsaaklik om die besmetting uit te wis. Die kind moet ook van ander kinders afgesonder word tot die uitslag verdwyn. Indien dit op grootskaal uitbreek, is dit wys om die skool of instelling waar dit voorkom vir 'n wyle te sluit.
Vorige onderwerp: Barbarossa
Volgende onderwerp: Pegasus
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 12:37:11 MGT 2024