Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » hoender
hoender [boodskap #126724] Sa, 22 Junie 2019 14:34
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Hoenders
Hoenders
hoender
Afbreking: hoen•der
Uitspraak: /ˈɦunər/




Selfstandige naamwoord: hoender
Meervoud: hoenders
Verkleinwoord: hoendertjie
Meervoud van verkleining: hoendertjies

Betekenis:
• Die hoendervoël Gallus domesticus. Mak pluimvee wat vir hul vleis of eiers geteel word.
• Die vleis van die hoendervoël.

Gebruik:
• Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê. Dis die haan wat op die kerktoring staan.
• Ons eet vanaand hoender.

Spreekwoord:
• Soos 'n natgereënde hoender. [Verleë.]
• Grys wees waar die hoender die hand gebyt het. [Uitgeslape wees.]
• Selfs 'n blinde hoender pik soms 'n mieliepit raak. [Soms is mens gelukkig.]
• Dis beter om vandag die hoender te hê as môre die eier. [Iets wat jy het, is waardevoller as iets wat jy dalk kan kry.]
• 'n Gebraaide hoender vlieg niemand in die mond nie. [Resultate word slegs deur moeite, harde werk en inspanning verkry.]

Sinoniem:
• hoenôr (vermaaklik)

Afgelei:
• hoenderdief
• hoenderhok
• hoenderhaan
• hoenderhen
• hoenderras
• hoendervleis
• grootwaterhoender

Vertaling:
Engels: chicken, fowl, hen
Nederlands: hoen, kip, kieken
Swahili: kuku(sw)
Venda: khuhu
Xhosa: inkuku
Zoeloe: inkuku

Nota:
• 'n Manlike hoender is 'n haan, 'n vroulike 'n hen, 'n onvolwasse 'n kuiken, en 'n gesnyde 'n kapoen.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: graaf
Volgende onderwerp: piesang
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 04:44:56 MGT 2024