Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » graaf
graaf [boodskap #126723] Sa, 22 Junie 2019 14:23
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Graaf.
'n Graaf.
graaf
Afbreking: graaf




Selfstandige naamwoord: graaf
Meervoud: grawe
Verkleinwoord: grafie
Meervoud van verkleining: grafies

Betekenis:
• (gereedskap) Voorwerp waarmee 'n mens in die tuin spit of grond skep.

Gebruik:
• 'n Graaf het 'n lang handvatsel met 'n breë blad en 'n vastrapplek vir die voete boaan (waarmee die graaf in die grond in gedryf word).

Vertaling:
Engels: spade, shovel
Nederlands: schop, schep, schup


Selfstandige naamwoord: graaf
Meervoud: grawe

Betekenis:
• (geskiedenis) 'n Adellike titel uit die feodale tydperk; edelman.

Gebruik:
• 'n Graaf het oor 'n gebied wat as 'n graafskap bekend gestaan het geheers.

Afgelei:
• graafskap

Antoniem:
• grafin

Vertaling:
Engels: count, earl
Nederlands: graaf


Werkwoord: graaf
Verlede tyd: het gegraaf

Betekenis:
• Om te spit; te delf; 'n gat met die hande of 'n werktuig in die grond te maak.
• Krap; omwoel.

Gebruik:
• Waarna graaf die man so naarstiglik?
• Die amptenaar graaf deur sy papiere.

Spreekwoord:
• Wie 'n put graaf vir 'n ander, val self daarin. [Wie 'n ander nadeel wil berokken, word self daardeur getref.]

Verwant
• grawe

Vertaling:
Engels: to shovel
Nederlands: graven

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kar
Volgende onderwerp: hoender
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 07:38:33 MGT 2024