Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kar
kar [boodskap #126722] Sa, 22 Junie 2019 11:32
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19142
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Polisiekar is Sjina.
'n Polisiekar is Sjina.
kar
Afbreking: kar
Uitspraak: /kar/




Selfstandige naamwoord: kar
Meervoud: karre
Verkleinwoord: karretjie
Meervoud van verkleining: karretjies

Betekenis:
• (informeel) 'n Motorkar.
• (histories) 'n Voertuig met twee wiele wat deur perde of ander trekdiere getrek word.

Gebruik:
• Jan het 'n mooi kar gekoop.
• Ons moet dorp toe gaan, span die perde voor die kar.

Spreekwoord:
• Die kar voor die perde span. ['n Saak verkeerd / agterstevoor aanpak.]
• Die gewillige perd moet die kar trek. [Die gewilliges moet altyd alles doen.]

Sinoniem:
• motor

Hiponiem:
• draadkar
• perdekar
• polisiekar
• donkiekar

Afgelei:
• karsiek
• karsiekte

Vertaling:
Engels: car, automobile; cart
Nederlands: auto; kar

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: wiel
Volgende onderwerp: graaf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 10:20:40 MGT 2024