Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » wiel
wiel [boodskap #126721] Sa, 22 Junie 2019 11:26
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19139
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Wiel met speke.
'n Wiel met speke.
wiel
Afbreking: wiel




Selfstandige naamwoord: wiel
Meervoud: wiele
Verkleinwoord: wieletjie
Meervoud van verkleining: wieletjies

Betekenis:
• 'n Ronde skyf wat om 'n as kan draai om beweging, vervoer of die verrigting van arbeid deur masjiene moontlik te maak.

Gebruik:
• 'n Wiel draai as 'n draaimoment op die wiel se as uitgeoefen word.

Spreekwoord:
• Hy sit agter die wiel. [Hy bestuur.]
• Sy is 'n vyfde wiel aan die wa. [Iemand wie se hulp onnodig is of las veroorsaak.]
• Iemand 'n stok/speek in die wiel steek. [Iemand teenwerk.]
• Sit skouer aan die wiel. [Span alle kragte in.]

Afgelei:
• agterwiel
• fietswiel
• noodwiel
• stuurwiel
• tandwiel
• voorwiel
• waterwiel

Vertaling:
Engels: wheel
Nederlands: wiel

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: probleem
Volgende onderwerp: kar
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 03:12:20 MGT 2024