Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » probleem
probleem [boodskap #126720] Sa, 22 Junie 2019 11:15
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
probleem
Afbreking: pro•bleem




Selfstandige naamwoord: probleem
Meervoud: probleme
Verkleinwoord: probleempie
Meervoud van verkleining: probleempies

Betekenis:
• Iets wat moeilikheid of skade teweegbring en in die pad van vooruitgang staan.
• 'n Onopgeloste vraagstuk; iets wat in die pad van voortgang staan en moeilik is om op te los.

Gebruik:
• Dolomiet is 'n algemene probleem in Centurion en sinkgate kom gereeld voor.
• Die werkloosheid onder arm gemeenskappe bly 'n groot probleem.

Spreekwoord:
• Hy het die probleem te bowe gekom. [Hy het dit reggekry.]

Sinoniem:
• moeilikheid
• vraagstuk
• hindernis
• dilemma
• kwessie

Antoniem:
• oplossing

Hiponiem:
• aanpassingsprobleem
• bestuursprobleem
• denkprobleem
• drankprobleem
• dwelmprobleem
• gedragsprobleem
• handelsprobleem
• huweliksprobleem
• inligtingsprobleem
• kernprobleem
• konsentrasieprobleem
• leerprobleem
• markprobleem
• navorsingsprobleem
• omgewingsprobleem
• studieprobleem
• taalprobleem
• uitlanderprobleem
• vervoerprobleem

Afgelei:
• probleemarea
• probleemgerig
• probleemgeval
• probleemkind
• probleemloos
• probleemstelling
• probleemveld

Verwant:
• problematies

Vertaling:
Engels: problem, trouble; question, issue
Nederlands: probleem

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bakkie
Volgende onderwerp: wiel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 19:58:36 MGT 2024