Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » appel
appel [boodskap #126716] Sa, 22 Junie 2019 07:11
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19143
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Die bloeiwyse en vrugte van die appelboom.
Die bloeiwyse en vrugte van die appelboom.
appel
Afbreking: ap•pel
Uitspraak: /ˈɑpəɫ/




Selfstandige naamwoord: appel
Meervoud: appels
Verkleinwoord: appeltjie
Meervoud van verkleining: appeltjies

Betekenis:
• (vrug) Die ronde vlesige vrug van die appelboom, meestal soet.
• (plantkunde) Die boom wat die vrug dra, Malus domestica, die appelboom.
• 'n Gebalde vuis.

Gebruik:
• Volgens oorlewering het Wilhelm Tell in 1307 'n met 'n enkele pyl van sy kruisboog 'n appel van sy seun se kop afgeskiet.
• Ons moet volgende jaar meer appels plant.
• Hy swaai al weer appels op die speelgrond.

Spreekwoord:
• 'n Appel 'n dag laat die dokter wag/lag. [Appels is gesond en goed vir jou.]
• Iets vir 'n appel en 'n ei verkoop. [Iets spotgoedkoop verkoop.]
• Net 'n appel en ei vir iets betaal. [Iets baie goedkoop verkry.]
• Die appel val nie ver van die boom nie. [Die kind is soos die pa of ma.]
• Een vrot appel steek al die ander aan. [Van 'n slegte persoon gaan daar skadelike invloed uit.]

Afgelei:
• appelboom
• appelboord
• appelsap
• appeltert
• toffieappel

Vertaling:
Engels: apple
Nederlands: appel
Venda: apula
Xhosa: iapile
Zoeloe: iapula, ihabhula

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: polimerisasie
Volgende onderwerp: peer
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 21:39:30 MGT 2024