Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » buik
buik [boodskap #126706] Vr, 21 Junie 2019 06:28
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19139
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Iemand se buik.
Iemand se buik.
buik
Afbreking: buik




Selfstandige naamwoord: buik
Meervoud: buike

Betekenis:
• (anatomie) Die buikholte met die organe daarin, o.a. die maag, lewer, milt, derms, blaas en inwendige geslagsdele.
• Maag; voorste deel van die liggaam onder die bors en bo die dye.
• Iets wat hieraan herinner, die buik van 'n skip, bottel, vat, ens.

Gebruik:
• Die organe in die buik is hoofsaaklik toegespits op spysvertering, urineproduksie en voortplanting.
• Die rowers het die sekuriteitswag in die buik geskiet.
• Die voortvlugtende het vir weke in die skip se buik geskuil.

Sinoniem:
• maag
• abdomen
• pens

Afgelei:
• buikaandoening
• buikdans
• buikgord
• buikholte
• buikkramp
• buikkwaal
• buiklanding
• buikloop
• buikplank
• buikpotiges
• buiksak
• buikspraak
• buikspreek
• buikspreker
• buiksteek
• buiktifus
• buikvlies
• buikvliesontsteking
• buikvol

Verwant:
• naeltjie

Vertaling:
Engels: belly, stomach
Latyn: abdomen
Nederlands: buik

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: bok
Volgende onderwerp: suinig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 03:15:06 MGT 2024