Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bok
bok [boodskap #126705] Vr, 21 Junie 2019 06:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19142
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bok.
'n Bok.
'n Wildsbok.
'n Wildsbok.
bok
Afbreking: bok




Selfstandige naamwoord: bok
Meervoud: bokke
Verkleinwoord: bokkie
Meervoud van verkleining: bokkies

Betekenis:
• (veeteelt) Mak soogdier wat as kleinvee aangehou word; 'n lid van die familie Caprinae.
• (soogdier) Wildsbok; plantvretende ewehoewige soogdier wat in die natuur voorkom; lid van die familie Bovidae.
• (sport) Ringperd; 'n apparaat wat vir gimnastiek gebruik word.
• Troetelnaam vir 'n geliefde.

Gebruik:
• Elke boer behoort 'n bok of twee vir melk en vleis aan te hou.
• Die bok het geskrik en oor die wildpark se draad gespring.
• Die gimnas moet homself met net sy hande bokant die bok hou.
• Ek is lief vir jou bokkie.

Spreekwoord:
• Sonder kruit 'n bok skiet. ['n Flater begaan.]
• Vleis braai voor jy die bok skiet. [Op iets staatmaak voor jy daar sekerheid oor het.]
• Hoe ouer die bok, hoe harder die horing. [Hoe ouer 'n mens is, hoe meer ervare is hy.]
• Hy is so bang soos 'n bok vir 'n skoot hael. [Baie bang wees.]
• 'n Ou bok lus ook wel 'n groen blaartjie. [n Ouerige mens hou ook van iets lekkers.]

Afgelei:
• bokhoring
• judasbok
• sondebok
• voorbok

Vertaling:
Engels: goat; antelope, buck; vaulting-horse
Nederlands: geit; hert, antilope; bok


Byvoeglike naamwoord: bok

Betekenis:
• (informeel) Gewillig; gretig.

Gebruik:
• Wil jy braai? Ek is altyd bok!

Vertaling:
Engels: keen, willing
Nederlands: gewillig

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hart
Volgende onderwerp: buik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 31 12:25:03 MGT 2024