Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bees
bees [boodskap #126694] Wo, 19 Junie 2019 19:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19028
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Bees met 'n klokkie om die nek.
'n Bees met 'n klokkie om die nek.
bees
Afbreking: bees
Uitspraak: /bɪəs/




Selfstandige naamwoord: bees
Meervoud: beeste
Verkleinwoord: besie
Meervoud van verkleining: besies

Betekenis:
• 'n Groot gedomestikeerde hoefdier wat gras vreet.
• (figuurlik) 'n Onbeskofte mens.

Gebruik:
• Plaasdiere soos koeie, bulle, osse, verse en kalwers is beeste.
• Hy is 'n regte bees.

Spreekwoord:
• Biltong sny voor die bees geslag is. [Op iets staatmaak wat nog moet gebeur.]
• Moenie 'n bees koop voordat jy hom gesien het nie. [Dink goed na voordat jy besluit.]
• Hoe groter gees, hoe groter bees. ['n Mens met buitengewone talente, is dikwels ongemanierd.]

Afgelei:
• brombees
• mofbees
• slagbees
• trekbees

Verwant:
• koei
• kalf
• os
• bul
• vers
• tollie

Vertaling:
Engels: cow, ox; brute
Nederlands: rund

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lidwoord
Volgende onderwerp: vakleerlingskap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 12:30:03 MGT 2024