Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » arm
arm [boodskap #126685] Di, 18 Junie 2019 19:25
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Menslike arm.
'n Menslike arm.
arm
Afbreking: arm




Selfstandige naamwoord: arm
Meervoud: arms
Verkleinwoord: armpie
Meervoud van verkleining: armpies

Betekenis:
• (anatomie) Een van die boonste ledemate van 'n mens, wat van die skouer tot by die hand strek.
• Iets wat daaraan herinner, soos die arm van 'n stoel.

Gebruik:
• Hy swaai sy arm om die bure se aandag te trek.
• Sy plak haar kougom onder die stoel se arm.

Spreekwoord:
• Die arm lig. [Sterk drank gebruik.]
• Hy het 'n lang arm. [Hy is baie magtig.]
• Iemand onder die arm neem. [Iemand ondersteun.]
• Met sy siel onder sy arm rondloop. [Hom verveel.]
• Die arm teen iemand ophef. [Iemand met geweld bedreig.]
• Hy kla met 'n wit brood onder die arm. [Kla onnodig.]

Hiponiem:
• bo-arm
• linkerarm
• onderarm
• regterarm

Afgelei:
• hefboomarm
• armband
• armleuning

Vertaling:
Engels: arm
Nederlands: arm


Byvoeglike naamwoord: arm
Vergrotende trap: armer
Oortreffende trap: armste
Attributief: arme
Partitief: armes
Intensief: brandarm, doodarm, bedelarm, straatarm, kerkmuisarm

Betekenis:
• Wat niks of byna niks besit nie; behoeftig wees.
• Ellendig; beklaenswaardig.
• Swak bedeeld; met min of geen hulpmiddele.

Gebruik:
• Die winkel is in die arm deel van die dorp geleë.
• Sy het die arme hond by die huis gelos.
• Die blomme groei goed in die arm grond.

Spreekwoord:
• Hy is arm van gees. [Verstandelik nie goed bedeeld nie.]
• Hy is so arm soos 'n luis op 'n kam. [Baie arm.]
• Kaarte en kanne maak arm manne. [Dobbelary en sterk drank veroorsaak armoede.]
• Kinders is die arm man se rykdom. [Arm mense het gewoonlik baie kinders]
• Al is 'n huis ook hoe arm, hy dek warm. [Al is 'n mens se tuiste armoedig, voel hy daar tog die gelukkigste.]

Vergelyking:
• So arm soos 'n kerkmuis.

Sinoniem:
• behoeftig

Antoniem:
• ryk

Afgelei:
• armes

Vertaling:
Engels: poor
Nederlands: arm

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dominee
Volgende onderwerp: figuurlik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 08:44:24 MGT 2024