Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » dominee
dominee [boodskap #126684] Di, 18 Junie 2019 18:08
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19024
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
dominee
Afbreking: do•mi•nee
Uitspraak: /ˈduə̯məni/




Selfstandige naamwoord: dominee
Meervoud: dominees
Verkleinwoord: domineetjie
Meervoud van verkleining: domineetjies

Betekenis:
• Titel van of aanspreekvorm van 'n Protestantse geestelike.

Gebruik:
• 'n Dominee lewer preke op Sondae en bedien sakramente soos die doop en nagmaal.
Dominee Joan van Arckel was die eerste predikant van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika, en trouens van enige kerk in Suid-Afrika.

Sinoniem:
• predikant
• leraar
• sielsorger
• pastoor

Afkorting:
• ds.

Vertaling:
Engels: minister, parson, pastor, vicar, clergyman
Nederlands: dominee, predikant, predikante
Swazi: umfundzisi
Venda: mufunzi
Xhosa: umfundisi
Zoeloe: umfundisi

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kabelgaring
Volgende onderwerp: arm
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 10:42:13 MGT 2024