Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lekker
lekker [boodskap #126626] Vr, 14 Junie 2019 20:12
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19139
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
lekker
Afbreking: lek•ker
Uitspraak: /ˈlɛkər/




Byvoeglike naamwoord: lekker
Vergrotende trap: lekkerder
Oortreffende trap: lekkerste
Attributief: lekker
Intensief: smullekker, vingerleklekker, lipleklekker, vreklekker, watertandlekker

Betekenis:
• Met 'n aangename smaak.
• Iets waarvan mens hou; aangenaam in die algemeen.
• Sommer baie.

Gebruik:
• Die kos is lekker!
• Dis nie lekker om jou vrou saam met 'n ander man te sien nie.
• Sy was lekker onbeskof met my.

Spreekwoord:
• Maak soos jy lekker kry. [Maak soos jy wil.]
Lekker is maar 'n vinger lank. [Die plesier is van korte duur.]
• Die by wat die lekker heuning maak, steek seer. [Genot het dikwels 'n slegte nadraai.]

Sinoniem:
• aangenaam
• genotlik
• genoeglik
• behaaglik
• heerlik

Antoniem:
• sleg

Verwant:
• lekkerbek
• luilekker

Vertaling:
Engels: tasty; nice, pleasant, fun; very
Nederlands: lekker, leuk

Lekkers in 'n winkel.
Lekkers in 'n winkel.

Selfstandige naamwoord: lekker
Meervoud: lekkers, lekkergoed
Verkleinwoord: lekkertjie
Meervoud van verkleining: lekkertjies

Betekenis:
• Soetigheid van suiker of sjokolade wat as versnapering of lekkerny genuttig word.

Gebruik:
• Die lekker is in 'n mooi papiertjie toegedraai.
• Te veel lekkers maak 'n mens vet en jou tande vrot.

Sinoniem:
• lekkerny
• soetigheid

Vertaling:
Engels: sweet, candy
Nederlands: snoep

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: lag
Volgende onderwerp: etimologie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 22:42:44 MGT 2024