Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » lag
lag [boodskap #126625] Vr, 14 Junie 2019 20:00
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19021
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
Borsbeeld van 'n laggende seun.
Borsbeeld van 'n laggende seun.
lag
Afbreking: lag
Uitspraak: /ɫɐχ/




Werkwoord: lag
Verlede tyd: het gelag
Teenwoordige deelwoord: laggende

Betekenis:
• Geluid wat iemand maak as iets snaaks is; hoorbare uiting van vrolikheid.
• (dieregeluid) Die geluid wat 'n hiëna maak.

Gebruik:
• Hy lag te lekker vir die kostelike grap.
• Makoue en gans blaas, varke snork en hiënas lag.

Spreekwoord:
• Hy lag hom 'n papie. [Baie lekker lag.]
• Hy lag hom uit lit uit. [Baie hartlik lag.]
• Hy lag soos 'n boer met tandpyn. [Suur, gedwonge lag.]
• Dis nie iets om oor te lag nie. [Dis 'n ernstige saak.]
• Hy lag in sy vuis. [In die geheim oor die ongeluk van 'n ander lag.]
• Van lag kom huil. ['n Waarskuwing veral aan kinders teen lawaaierige pretmakery.]
• Wie laaste lag, lag die lekkerste. [Die wat laaste aan die beurt kom, het dikwels die meeste voordeel.]

Sinoniem:
• skater

Antoniem:
• huil

Afgelei:
• doodlag
• glimlag
• grynslag
• skaterlag

Vertaling:
Engels: to laugh, sneer
Nederlands: lachen


Selfstandige naamwoord: lag
Meervoud: lagte, lagge
Verkleinwoord: laggie
Meervoud van verkleining: laggies

Betekenis:
• Geluid om te wys dat iets snaaks is of dat jy bly is.

Gebruik:
• Die kinders se laggies weerklink vrolik deur die huis.

Afgelei:
• lag-lag

Vertaling:
Engels: laugh, laughter
Nederlands: lach

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: luiperd
Volgende onderwerp: lekker
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 01:51:08 MGT 2024