Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » voorsetsel
voorsetsel [boodskap #126621] Vr, 14 Junie 2019 18:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 19138
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
voorsetsel
Afbreking: voor•set•sel
Uitspraak: /ˈfuə̯rsetsəɫ/



Selfstandige naamwoord: voorsetsel
Meervoud: voorsetsels
Verkleinwoord: voorsetseltjie
Meervoud van verkleining: voorsetseltjies

Betekenis:
• 'n Woord wat die posisie of plek van iets aandui. Woordsoort wat die verhouding tussen twee naamwoordgroepe uitdruk.

Gebruik:
• In die sin: "Jan klim op die tafel", is "op" 'n voorsetsel.
• Die volgende woorde is voorsetsels: op, onder, by, deur, van, voor, agter, langs, ensovoorts.

Sinoniem:
• preposisie
• verhoudingswoord

Afkorting:
• voors.

Vertaling:
Engels: preposition
Nederlands: voorzetsel, prepositie

Nota:
• 'n Voorsetsel het slegs betekenis as dit saam met ander woord(e) gebruik word: Bv: onder die boom; op die stoel; langs die kas; per trein, ens.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: dankie
Volgende onderwerp: sjokolade
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 30 14:40:37 MGT 2024